Baie mooi gemengde gras en bossieveld Karooplaas in die Vosburg/Prieska omgewing. Geskik vir kleinveeboerdery of ekotoerisme met sy wye uitgestrekte tipografie wat jou gedagtes neem na ander plekke van ongerepte en tydstilstaande ruimtes.
Goeie watervoorsiening met 2 windpompe, sementdamme en waterkrippe. Plaas is verdeel in 12 kampe. Daar is 'n werkershuis, goeie boorgate, 5 sonpompe en 6 skaaphanteringsfasiliteite.