Hierdie indrukwekkende kliphuis is die perfekte kombinasie van elegansie, funksionaliteit en ruimte. Met sy unieke eienskappe en groot erf bied dit die ideale leefstyl vir 'n gesin of iemand wat 'n selfonderhoudende leefwyse nastreef.
• 4 Slaapkamers: Ruim kamers wat gemak en privaatheid bied.
• Badkamers:
o 1 volledige badkamer met bad, stort en toilet.
o 1 aparte toilet
• Kombuis: Ingeboude kaste, ontwerp vir praktiese gebruik.
• Eetkamer: Toegerus met 'n handige spens.
• Sitkamer: Gesellig en ideaal vir gesinsaktiwiteite.
Stoor en Bykomende Geboue:
• Stoor: 'n Groot stoor van 1000 m³ met ekstra stoorplek bo-op.
• Aangeboude Braaikamer:
o 'n Groot ingeboude kaggel.
o Badkamer met toilet, stort en wasbak.
o Ekstra kamer, geskik vir was geriewe, 'n pakkamer, of bykomende stoorplek/kan omskep word in 'n woonstel
Watergeriewe:
• Boorgat: 'n Elektriese pomp en watertenk verseker betroubare water.
• Geysers:
o 1 vir die kombuis.
o 1 vir die hoofbadkamer