Rus, vrede, saligheid en luuksheid, alles tesame word hier aangetref. Â Kom en geniet jou aftrede in die natuur met die wildlewe op jou voorstoep soos Koedoes en Zebras wat kos uit jou hand eet en Rooibokke, Blouwildebeeste, Kameelperde en Bosbokke wat om jou huis wei en in die nag langs die huis slaap. Â Hierdie paradys bied jou die luuksheid van die natuur en wildlewe met n pragtige uitsig oor jou eie gronddam en die bosveld weg van die stad se lawaai.
Hierdie pragtige tenvolle gemeubuleerde Leefstyl grasdakhuis met 5 ensuite slaapkamers en 'n 2 slaapkamer woonstel is geleë op 'n 3 ha erf in 'n privaat natuurreservaat 10 km vanaf Vaalwater.Â
Die voorreg om op 2100 ha natuurreservaat rond te ry op die 60 km paaie wat in stand gehou word deur die Reservaat en om na die 56 spesies wild en 250 voëlsoorte te kyk en tennis te kan speel en te swem of in 'n swembad of in 'n lieflike vars waterpoel van die vloeiende fonteinstroom. Daar loop ook 2 natuurlike fonteine met waterstrome wat afsonderlik deur die plaas vloei en 4 gronddamme voed. Hierdie luukse huis is 600 m2 groot en bied ook die ideale geleentheid om 14 mense van groot families en vriende te akkommodeer met 'n ingeboude braai op die stoep wat uikyk op 'n groot gronddam voor jou huis waarin die kinders kan baljaar terwyl jy vleisbraai.  Daar is ook 'n boma waar saans vure brand en spookstories vertel word en marshmallows gebraai kan word.
Vir tonne meer inligting en vir besigtiging kontak Pieter.