Hierdie is nie net 'n gewone veeplaas met goeie ligging naby die dorp nie!
Hierdie plaas met sy historiese agtergrond en geskiedenis neem jou onwillekeurig terug in tyd.
Die plaashuis het sy eie bekoring met deels sandsteen mure en die oregon plankvloere is nog in uitstekende toestand.
Die groot huis het meer as genoeg slaapkamers, woonvertrekke en 'n stoep wat uitkyk op die 12 ha wildskamp (springbokke en gemsbokke).
'n Rondawel waarin 'n jongman hom kan tuismaak kan alternatief as kantoor gebruik word.
Toegeboude toesluit stoor met sementvloer.
Afdak met kleiner Skaapvoerkraal.
Goeie beeshanteringsfasiliteite met 'n kraal.
Dan kom ons by die weidings:
Pragtige soetdorings en olienhoutbome so groot soos bloekombome en dan die Bloekombos wat al gebruik was vir 'n trouseremonie, idillies windstil weggesteek.
Die gronddam hou sy water tot laat in die lente a g v 'n fontein wat hom voed en vorm 'n vleideel reg deur die jaar om die plaas se watertafel vol te hou. Dit kan gesien word in die hoogte van die populierbome en bloekombome wat omtrent die hemel kielie.
Die plaas is verdeel in 7 kampe, elk met eie watervoorsiening vanuit 2 windpompe.
Die plaas se drakrag is bo-gemiddeld!
Boer gemaklik met 85 koeie.
Maak hierdie jou naweekplaas/ wegbreek of net boerplaas.
Prys R4.6 miljoen.