Back

6 Bedroom House For Sale in Burgersdorp

Burgersdorp, Eastern Cape
R 3390000
RunningCosts Bond
Costs
Property Type House
Erf Size 5552 m2
Levies R 0
Listing Date September 06, 2024
Floor Size 621 m2
Rates and Taxes R 0
Details
Map
Street view
Local info

Property description

Hierdie pragtige eiendom van 5552vk meter in Burgersdorp bied die perfekte balans tussen gerief, spasie en geleenthede vir uitbreiding. Die hoofhuis beslaan 621 vk meter en spog met drie ruim leef- en onthaalruimtes, drie slaapkamers (waarvan een en-suite is), 'n ekstra sonkamer en 'n aparte vol badkamer met 'n aparte toilet. Die kamers is baie ruim en toegerus met lugverkoelers. Die hoofsitkamer en TV-kamer het beide kaggels vir winterse warmte. Die braaikamer met binnebraai lei uit na die swembadarea, met 'n onderdak kuierarea en 'n jacuzzi - ideaal vir vermaak.

Die goed toegeruste kombuis, met 'n aparte opwasplek, is perfek vir groot gesinne of gasvryheidsdoeleindes. Daar is ook 'n aparte waskamer in die buitegeboue. Die erf bied groot geriewe soos 'n groot swembad, tennisbaan, golf-"putting green" en trampolien vir kinders.

Gastehuis word gemeubileerd verkooop: Die gastehuis bestaan tans uit drie gemeubileerde gastekamers, elkeen met en-suite badkamers en lugverkoelers. Alhoewel dit tans net op Lekkerslaap geadverteer word, is daar groot potensiaal om die besetting te verhoog. Besoek gerus Seisoen Guesthouse op LekkeSlaap vir meer inligting.

Die goedgekeurde bouplanne maak voorsiening vir die toevoeging van vier ekstra selfsorg-eenhede, wat die eiendom se verdienste-potensiaal aansienlik verhoog. Die planne vir die bykomende eenhede is reeds gehersoneer, wat R60,000 gekos het. Die dubbelmotorhuis kan maklik omskep word in ekstra eenhede, en sommige van die woonareas in die hoofhuis bied ook omskeppingsgeleenthede. Met soveel ruimte is daar ook geleentheid om 'n klein onthaal-venue te skep of selfs kampeerplekke aan te bied - 'n unieke geleentheid in Burgersdorp.

Veiligheid: Die eiendom is omhein met hoe mure, het 'n elektriese hek, en is toegerus met 'n alarmsisteem en sekuriteitsligte. Noodkrag word verseker deur 'n kragopwekker, en die tuin is volledig besproei met 'n gerekenariseerde besproeiingstelsel, gevoed deur 'n boorgat met tenks en 'n drukpomp.

Hierdie eiendom bied uitmuntende potensiaal vir uitbreiding, ideaal vir iemand wat in die gasvryheidsbedryf wil uitbrei of 'n klein venue wil bedryf.

  • Pool
  • Freehold
  • Security Features
  • Pets Allowed

Request property details from Home & Hectare Real Estate - Home and Hectare Eastern Cape

Terms of use
Type of enquiry
Phone Agent
Message Agent